Passt nicht? Macht nichts! Sie können Artikel bis zu 30 Tage zurückgeben
Mit einem Geschenkgutschein können Sie nichts falsch machen. Der Beschenkte kann sich im Tausch gegen einen Geschenkgutschein etwas aus unserem Sortiment aussuchen.
Bis zu 30 Tage Rückgaberecht
Voorwoord
(Johannes Bartholomeus Pansegrouw senior - 7 Augustus 1929 to 18 Februarie 2022)
Johan Pansegrouw verduidelik wat gelei het tot hierdie bundel.
Vanaf 1990 tot 1998 moet ons dikwels na Kaapstad reis waar Mattie in 'n kliniek in Wynberg mediese behandeling ontvang het. Tydens ons besoeke het ek in die woonwapark in Vishoek oorgebly.
Die idee van hierdie bundel het ontstaan terwyl ek gedraf het; Simonstad toe, Kommietjie toe, Noordhoek toe of deur Muisenberg na Lakeside toe. Dit was veral deur hierdie uur of twee per dag op die pad dat ek gepoog het om 'n antwoord vir haar lyding te kry.
Iewers in my het een van die groot kontraste van ons land ook vasgesteek. Die verskil tussen Khayalitsha en Clifton of tussen Lavender Hill en Constantia en het ek begin wonder as Us vandag in die Kaap was waar sou Job se ashoop wees?
Mattie se pyn en ongerief sal vir die res van haar lewe by haar wees en ek dra hierdie gedigte aan haar op. Terselfdertyd gee ek met dank erkenning aan die O.P.U.K. en A.T.K.V. vir die poësie kursus van hul skryfskool wat ons 6 tot 8 Julie 1992 kon bywoon.
Johannes Bartholomeus Pansegrouw senior
Port Elizabeth
April 1996.
Hallo! Ich bin Libroamiko, dein Buchberater.
Wie kann ich dir helfen?