Passt nicht? Macht nichts! Sie können Artikel bis zu 30 Tage zurückgeben
Mit einem Geschenkgutschein können Sie nichts falsch machen. Der Beschenkte kann sich im Tausch gegen einen Geschenkgutschein etwas aus unserem Sortiment aussuchen.
Bis zu 30 Tage Rückgaberecht
Aurora en Kenza, twee boesemvriendinne, gaan toer deur Europa na voltooiing van hulle universiteitsopleiding. Daarna doen Aurora haar klerkskap as Forensiese Ouditeur. Nog altyd 'n uitblinker en harde werker, slaag sy ook dit met onderskeiding. Opgewonde en gereed om haar droom te leef.
Die noodlot het egter ander planne vir hierdie baie getroue kind van God. Sy word ontvoer en sy veg verbete om te bly leef ... Sal sy die grusame verkragting en aanslag op haar lewe oorleef?
Dit is hierdie nag wat haar paaie met dié van Braxton Moore, 'n jongman van Queenstown, kruis. Hierdie nag verander sy lewe soos handomkeer ... Hy, 'n man wat tot nou toe 'n lewe van partytjies, vroumense en drank geleef het, kom tot die besef dat daar baie meer in die lewe is.
'n Storie oor die gruwels van ons samelewing en God se groot genade vir mense.
'n Paar jongmense wie 'n afspraak met die toekoms gehad het, daardie nag op Spencerville Weg! 'n Afspraak waarvan die nagevolge soos die rimpels op 'n dam gaan bly uitkring en groter en groter raak. Wat is God se plan met hulle?